Warren Gatland, afrigter van die Britse en Ierse Leeus, se naam word genoem as moontlike nuwe breier van die Amerikaanse Eagles ná volgende jaar se Wêreldbeker (WB)-toernooi.
Die Suid-Afrikaner Gary Gold, voormalige hulpafrigter van die Springbokke, is tans die Amerikaners se afrigter.
Die Britse koerant Daily Mail berig daar is gerugte dat Gatland, tans direkteur van die Chiefs in Nieu-Seeland, die “monsteragtige taak” sal aanpak om die Eagles op koers te kry vir die WB-toernooi van 2031, wat in die VSA plaasvind.