Ken jy Jarvo? Jarvo Davis?
Nie? Ai, man, Jarvo gaan baie hartseer wees om dit te hoor. Jarvo wil graag hê jy moet van hom weet. Jarvo wil hê die hele wêreld moet sy naam ken.
Jarvo het nie die talent om ’n internasionale sportster te word nie, maar Jarvo deel graag in internasionale sportsterre se kalklig.