Darcy Swain, slot van Australië, is vir twee weke geskors nadat hy die afgelope Saterdag ’n speler van Engeland met die kop gestamp het.
Swain is Saterdag in Perth in die eerste helfte van die toets met ’n rooi kaart van die veld gestuur. Die Wallabies het die toets desnieteenstaande met 30-28 gewen.
Die 25-jarige Swain is skuldig bevind aan vuilspel. Hy het die reg in eie hande geneem nadat die Engelse slot Jonny Hill sy hare getrek het. Hill is met ’n geel kaart van die veld gestuur vir sy optrede.