Die inheemse Australiese rugbybaanbreker Mark Ella sê hy voel “geëerd” dat sy naam verskyn op die nuwe trofee waarvoor Australië en Engeland se spanne voortaan gaan meeding.
In dieselfde asem sê hy dat dit hom nooit gepla het dat die twee lande voorheen vir die Cook-beker gespeel het nie.
Rugby Australië en sy Engelse eweknie het besluit die Ella-Mobbs-beker sal volgende maand op die spel wees wanneer dié twee lande Doer Onder in ’n reeks van drie toetse kragte meet.