Alles loop reg, altyd reg vir Pieter-Steph du Toit in Toyota onder die afrigtersoë van Steve Hansen.
Die Springbok-kantman se eerbewys as Speler van die Wedstryd vir sy klubspan Toyota Verblitz verlede naweek in die Japanse Eersteliga teen die Shining Arcs, is ’n bewys daarvan. Toyota Verblitz het met 31-22 gewen.
“As spelers het ons nooit veel interaksie met die teenstander se afrigtingspan nie,” sê Du Toit uit Japan aan Rapport oor Hansen as afrigter.