Dit was so byna of die poetsbakker wat die naweek ’n paar oomblikke lank doodluiters die Nieu-Seelandse nasionale lied saam met die All Blacks gesing het, het die geleentheid gehad om agterna ’n bier saam met een van die spelers te geniet.
Toe die All Blacks voor die aanvang van Saterdag se kragmeting met Wallis in die Principality-stadion in Cardiff hul land se nasionale lied gesing het, het Daniel Jarvis langs hulle aangetree.
Jarvis, beter bekend as Jarvo, het op die veld geglip kort voordat die besoekers begin sing het. Hy was kompleet geklee in ’n All Black-trui, met ’n masker op sy gesig en die nommer 69 en die woord “Jarvo” agterop sy trui.