Dave Rennie, afrigter van die Wallabies, gaan waarskynlik voor stok gekry word vir die kritiek wat hy die afgelope naweek oor die Suid-Afrikaanse TV-skeidsregter Marius Jonker uitgespreek het.
Wêreldrugby het Woensdag by navraag nog oor die kwessie van moontlike optrede geswyg, maar beplan glo om dit te doen.
Sou die beheerliggaam dit nie doen nie, sal daar vrae wees oor dubbele standaarde nadat daar swaar op die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se direkteur van rugby, Rassie Erasmus, neergekom is.