Wayne Pivac, Wallis se afrigter, is ’n bekommerde man.
Met slegs enkele weke oor voor sy span sy kroon as Sesnasies-kampioen moet begin verdedig, blyk dit of daar net geen einde aan sy kopsorge is nie.
Die Rooi Drake sit reeds met ’n lang beseringslys en nou moes die haker Ken Owens ook ’n rugoperasie ondergaan.