Die wenkbroue het gelig toe Ierland sy groep vir die komende Sesnasies-reeks Woensdag aangekondig en die naam van die vleuel James Lowe nie daar was nie.
Lowe, wat Sondag nog skitterspel vir Leinster teen Montpellier gelewer het, het egter Dinsdag ’n “spier verrek” in een van sy klub se oefensessies.
Volgens The Independent sal Lowe nie vir ’n paar weke kan speel nie.