Israel Folau maak sy terugkeer tot internasionale rugby saam met Tonga drie jaar nadat hy sy kontrak met die Wallabies kwyt is weens sy omstrede uitlatings op sosiale media.
Die 33-jarige buiteagterspeler is Vrydag in Tonga se groep ingesluit vir die Pasifiese Nasiesbeker-reeks in Julie en ’n uitspeelwedstryd om kwalifisering vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Frankryk.
Folau, ’n stoere Christen, en Rugby Australië (RA) se paadjies het in 2019 geskei weens sy uitlatings op sosiale media dat “dronklappe, gay mense, egbrekers, leuenaars, hoereerders, diewe, ateïste en afgodsdienaars” vir die hel bestem is.