Die Walliese toetsheelagter Hallam Amos (27) gaan aan die einde van die huidige seisoen uittree en hom op sy mediese loopbaan toespits.
Amos het 25 toetse op sy kerfstok en het in Julie nog teen Argentinië gespeel. Hy het ook in 2015 en 2019 se Wêreldbeker-toernooie gespeel.
Dié Cardiff-speler is egter weggelaat uit Wallis se groep vir die jaareindtoetse, wat kragmetings met die All Blacks en Springbokke insluit.