Elke speler in die kleedkamer voel hy het bygedra tot die Curriebeker-sukses en dis ’n bevredigende gevoel vir ’n afrigter.
Só het die Blou Bulle se breier, Jake White, oor sy span se Curriebeker-triomf gesê nadat hulle die Haaie gistermiddag op Loftus Versfeld met 26-19 ná bykomende speeltyd getroef het.
White het sy groep van 42 spelers geloof vir wat hulle oor die seisoen vermag het nadat hy elkeen iewers in ’n wedstryd speelkans gegee het, om te sorg dat die gesogte Curriebeker weer vir ’n slag op Loftus Versfeld staan. Die Bulle het laas in 2009 die Curriebeker gewen.