Die Bulle-breier, Jake White, het Vrydag die jongste herrie rondom Rassie Erasmus se twiets en skorsing met die opspraakwekkende Kamp Staaldraad-fiasko van destyds vergelyk.
Hoewel hy die nasionale direkteur van rugby nie by die naam genoem het nie, sê White, hy twyfel nie dat dit wat agter die skerms gebeur (in die Springbok-kamp) ’n nadelige impak op Suid-Afrikaanse rugby het nie.
“Ek onthou hoeveel skade Kamp Staaldraad die handelsmerk berokken het net voordat ek by die Springbokke begin het (in 2004).