Die Griekwas het Maandag ses drieë gedruk om die Junior Bokke oortuigend in ’n oefenwedstryd in Bloemfontein te klop.
Die Poubloues het die kragmeting, wat by die Hoërskool Sentraal beslis is, met 38-21 gewen.
Veral in die eerste helfte het die wenspan met die stutte in hul beginspan, Janu Botha en Kudzwai Dube, sowel as die flank en kaptein, Niel Otto, aan die spits die grondslag vir die oorwinning gelê. Die Griekwas het stewig geskrum en met hul rolmale veld gewen.