Die kanse dat die voormalige All Black Carlos Spencer gou weer in Suid-Afrika gaan afrig, is maar skraal.
Spencer (44) het vandeesweek besluit om summier klaar te maak as hulpafrigter by die Hurricanes in Nieu-Seeland.
Dit was nadat aan hom gesê is dat sy toekoms weens die finansiële rimpel-effek van die Covid-19-pandemie onseker by dié span is.