Die slot Justin Basson het net so stil-stil soos hy opgang by die Cheetahs gemaak het, uit die spel getree.
Op 26-jarige ouderdom is die boorling van Kaapstad gedwing om sy stewels weg te pak en vir die eerste keer deel van die “werkersklas” te word.
Basson, wat in rugbykringe as “Voete” bekend staan vanweë sy groot nr.13-stewels, val binnekort by sy pa se onderneming in Brackenfell in die Kaap in.