Hoewel dit nie so mooi uitgewerk die vorige keer toe hy dit probeer het nie, het hy kans gesien toe hy sien sy teenstander is min of meer van dieselfde liggaamsbou as hy.
So sê Rosko Specman, vleuel van die Cheetahs, oor sy skouspelagtige “Specmagic”-duikdrie in die Superrugby Unlocked-wedstryd teen die Stormers Saterdagaand op Nuweland.
Die bal het op die regte tyd reg gespring vir hom en hy het met sy bene buite die speelveld en sy lyf steeds in die lug daarin geslaag op die bal netjies in die hoekie te plant.