Engeland se uitgesproke Aussie-afrigter, Eddie Jones, glo Rassie Erasmus het die verkeerde boodskap aan jong rugbyaanhangers gestuur met sy omstrede video in Julie.
Wêreldrugby wil tugstappe doen teen Erasmus, Suid-Afrika se direkteur van rugby, weens sy nou berugte 62-minuut-video waarin hy die Aussie-blaser Nic Berry aanvat oor sy rits twyfelagtige beslissings in die Springbokke se eerste toets teen die Britse en Ierse Leeus.
Erasmus is onder regulasie 18 van Wêreldrugby se gedragskode aangekla omdat hy ’n “aanval” op die skeidsregter geloods het.