Jacques Nienaber, die Springbok-afrigter, sal straks in die stilligheid in sy noppies wees dat die Sale Sharks die afgelope naweek hul halfeindstryd teen die
Exeter Chiefs in die Engelse Premierliga verloor het.
Vier van die spelers in Nienaber se uitgebreide groep vir die toetsreekse teen Georgië en die Britse en Ierse Leeus – Faf de Klerk, Coenie Oosthuizen en die Du Preez-broers Dan en Jean-Luc – was in Sale se beginspan in hul nederlaag van 30-40.