Geen span is ooit tevrede met ’n nederlaag nie en die Leeus was beslis ook nie gelukkig daaroor dat hulle die groepfase van die Curriebeker-reeks twee weke gelede op Loftus Versfeld met een afgesluit het nie.
En tog, sê die Johannesburgers se skrumafrigter, Julian Redelinghuys, het hulle glad nie gesukkel om ’n silwer randjie om die donker wolk van daardie uitslag te kry nie.
Dit, sê hy, het van hulle ’n beter span gemaak.