In ’n week waar daar druk bespiegel is dat Pieter-Steph dalk ’n oorsese skuif kan maak, was daar darem Donderdag ’n bietjie goeie nuus vir ondersteuners van die Westelike Provinsie en die Stormers.
Dít nadat Western Province Professional Rugby (WPPR), die sakevleuel van die WP Rugbyunie, aangekondig het dat die Springbok-haker Scarra Ntubeni ’n nuwe kontrak van drie jaar met hom gesluit het. Daarby sluit Ntubeni hom aan by Damian Willemse, wat sy kontrak ook verlede week verleng het.
John Dobson, die Stormers se hoofafrigter, is verheug oor Ntubeni se besluit.