Die afgelope maer jare by Loftus Versfeld bly ’n groot enigma in Suid-Afrikaanse rugby.
Hoe is dit moontlik dat ’n unie wat met soveel oorgawe oorheers het, alles laat verlore gaan het?
In enige sport, weet ons, is ’n kringloop van uiteenlopende welslae ’n gegewe. Geen span of individu kan regdeur ’n kampioen wees nie.