Dit sal Natal nog 100 jaar vat om weer die beker te wen.
Dié gewaagde uitlating van Naas Botha kort nadat Natal sy Ligbloues – en vriend en vyand – in 1990 se Curriebeker-eindstryd op Loftus Versfeld verras het, sal ondersteuners nog lank bybly.
Jy kon Botha, die geniale Springbok-losskakel wat Noord-Transvaal daardie dag aangevoer het, nie verkwalik het vir dié kommentaar nie.