Deel rooi kaarte nét uit vir vuilspel, is André Watson se voorstel aan die besluitnemers van Wêreldrugby.
“Soos vir iemand wat ’n ander ou slaan. Iemand wat trap. Iemand wat ’n teenstander met die kop slaan,” sê Watson, gewese skeidsregterbaas van Suid-Afrika.
“Of selfs iemand wat iemand spoeg. Daardie lelike goed van die ou dae. Dit verdien rooi kaarte. Alle ander oortredings, veral met duikslae, glo ek behoort net geel kaarte te wees.”