André Rademan, die president van die Oostelike Provinsie Rugbyunie (OPRU), is aangestel as die nuwe voorsitter van ’n raad wat na die Southern Kings se sake moet omsien.
Rademan sal deur vier ander lede op die raad bygestaan word.
Hulle is Mbulelo Gidane, die voorsitter van die OPRU se finansiële en menslike hulpbronne-komitee, asook twee verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), Monde Tabata en Jannie Louw, en een onafhanklike lid, Gugu Nxiweni.