Nigel Owens is nie beïndruk met Owen Farrell, kaptein van Engeland, se gedrag op die rugbyveld nie.
Die gewilde voormalige Walliese skeidsregter sê ook in ’n rubriek in die Daily Mail hy is bekommerd oor die toestand van die spel.
Die Rose, wat in die eerste ronde van die Sesnasiesreeks met 11-6 deur Skotland geskok is, het hul veldtog die afgelope naweek weer op koers gekry deur Italië op Twickenham met 41-18 te klop.