“Ek wil asseblief nie statements maak nie – ’n skeidsregter se werk is om die spel te dien en nie menings van die veld af te hê nie!”
Wat jy sien, is wat jy kry van Jaco Peyper, die Vrystaat se mees ervare rugbyskeidsregter, ’n man wat op 40 jaar nog streng gesproke nat agter sy skeidsregtersore is.
Van die veld af is Peyper ’n vriendelike, gemoedelike en behulpsame man, maar wanneer hy sy werk doen, duld hy g’n nonsens nie en word streng binne die rugbyreëls gespeel.