’n Gebrek aan dissipline en van die jong spelers se onvermoë om “roem te verwerk”, is van die grootste redes hoekom die Blitsbokke Maandagoggend vroeg (SA tyd) in die halfeindronde van die Vancouver-sewestoernooi uitgeskakel is.
So sê Suid-Afrika se afrigter, Neil Powell, nadat Nieu-Seeland sy span met 27-15 geklop het.
Om verdere sout in die Blitse se wonde te vryf, het Kanada hulle in die uitspeelstryd om die derde plek met 26-19 geklop.