Suid-Afrikaanse rugby loop die wesenlike gevaar van bankrotskap indien die regering nie sy huidige beperkings op toeskouers gaan laat vaar nie.
Dít het duidelik geblyk uit ’n voorlegging wat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) vandeesweek aan die parlementêre portefeuljekomitee oor sport gedoen het.
Daarin word gesê dat ’n herhaling van 2021 se beleid ten opsigte van skares rugby “bankrot” sal laat. Tans word slegs 2 000 toeskouers by wedstryde toegelaat, maar volgens Mark Alexander, Saru se president, “betaal dit nie eers om die hekke oop te sluit nie”.