Die effens vergete Rohan Janse van Rensburg, wat die Springbokke in 2016 in een toets verteenwoordig het, het Saterdag een van die drieë van sy Engelse klubspan, die Sale Sharks, gedruk.
Die Sale Sharks, met ’n horde Suid-Afrikaners in hul geledere, het die Northampton Saints naelskraap met 22-21 in Northampton in die Engelse Premierliga geklop.
Die tuisspan het kort ná rustyd met 21-15 voorgeloop. Toe die 27-jarige Janse van Rensburg (binnesenter) egter in die 58ste minuut oorduik, het dit sy span van ’n sege verseker.