Rugby in Rusland hervat volgende week weer voor toeskouers.
Rynhard van As, ’n voormalige afrigter van die SWD-Arende wat sedert die middel van verlede jaar ’n hulp-afrigter van die Russiese klub Enisei-STM is, sê sy span oefen reeds geruime tyd dat dit klap.
“Rugby is hier van 27 Maart opgeskort toe Rusland ook in ’n inperkingstyd ingegaan het en die ouens moes toe ook maar by die huis oefen,” sê Van As.