Rugbykampioenskap

Bokke kan emosionele wipwarit op hoogtepunte afsluit teen Poemas

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Springbokke sal nóg ’n sterk vertoning deur Lood de Jager nodig hê in Saterdag se beslissende Rugbykampioenskap-toets teen Argentinië op Kingspark in Durban. Foto: Getty Images
Die Springbokke sal nóg ’n sterk vertoning deur Lood de Jager nodig hê in Saterdag se beslissende Rugbykampioenskap-toets teen Argentinië op Kingspark in Durban. Foto: Getty Images

Ná ’n onstuimige paar weke waarin die Springbokke straks op ’n emosionele wipwarit was, sal Jacques Nienaber se span Saterdag kans kry om die Rugbykampioenskap te wen.

Dit sal ’n verstommende klimaks bring aan ’n veldtog wat maklik kon ontspoor het. Die Bokke was aanvanklik erg onbestendig, maar dieselfde het Nieu-Seeland, Australië en Argentinië gegeld en gevolglik is almal tot die laaste week van die reeks nog in die titel-prentjie.

Suid-Afrika sal boonop met die afskop op Kingspark in Durban presies weet wat hom te doen staan om die toernooi te wen, want die All Blacks en Wallabies pak mekaar vroeër in die dag op Eden Park in Auckland. ’n Waarskynlike scenario kan wees dat die Bokke ver sal moet wen, want die All Blacks het met 13 ’n beter punteverskil as Suid-Afrika. Indien die Wallabies die All Blacks teen die verwagting in klop, is die taak makliker.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan