Rugbykampioenskap

Elton Jantjies voel nie druk voor strafskop

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Elton Jantjies word deur Frans Steyn geluk gewens ná sy skepdoel. Foto: Getty Images
Elton Jantjies word deur Frans Steyn geluk gewens ná sy skepdoel. Foto: Getty Images

Elton Jantjies was gereed om met ’n tweede skepdoel in die doodsnikke te waag as die Springbokke nie in die laaste sekondes van hul Rugbykampioenskap-oorwinning van 31-29 oor die All Blacks in Australië se Goudkus ’n strafskop gekry het nie.

Die 31-jarige Jantjies het in die sowat 32 minute se speelkans wat hy gister as plaasvervanger gekry het, sy beste vertoning nog in ’n Bok-trui gelewer. Dit het ’n manjifieke skepdoel en die beslissende strafdoel ingesluit.

Hy het ook goeie tydsberekening en hantering in Makazole Mapimpi se drie getoon en die wedstryd voortreflik in die laaste paar minute saam met Herschel Jantjies beheer.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan