Australië se rugbyspan kan Saterdag sy veldtog in die Rugbykampioenskap met ’n vierde agtereenvolgende oorwinning afsluit wanneer hy in die Goudkus teen die Argentynse Poemas te staan kom.
Die Poemas is in hierdie stadium ’n span wat met sy selfbeeld en spelpeil sukkel.
Eers het hul afrigter, Mario Ledesma, onlangs gekla dat sy span nie oor dieselfde kam as die ander spanne in die reeks geskeer word nie.