Ná die Covid-19-vuishou van 2020 gaan Nelspruit nou tóg die kans kry om ’n All Black-toets aan te bied.
Volgens die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se beplanning sal een van 2022 se Rugbykampioenskap-toetse aan die Mbombela-stadion toegeken word. Die Bokke sal die All Blacks op 13 Augustus daar pak.
Die Covid-19-pandemie het Nelspruit in 2020 beroof van die kans om ’n All Black-toets aan te bied.