Die Wallaby-afrigter, Dave Rennie, het besluit om James O’Connor, wat lank beseer was, geleidelik weer in toetsrugby terug te bring.
Rennie het die versoeking weerstaan om O’Connor vir Saterdag se toets in Townsville op heelagter in die beseerde Tom Banks se plek te kies.
Reece Hodge, wat verlede week teen die Springbokke as plaasvervanger in Banks se plek opgedraf het, bevind hom op heelagter in die beginspan.