’n Voormalige hulpafrigter van die Blitsbokke en agterlynafrigter van die Southern Kings, Vuyo Zangqa, het in Rusland vir hom ’n rugbytuiste gevind.
Zangqa, een van die slagoffers van die likwidasie van die Kings, het hom by Narvskaya Zastava in St. Petersburg aangesluit, waar hy die hoof van die klub se sewesprogram sal wees, en ook by die 15-manspel sal uithelp.
Zangqa, wat ook hulpafrigter van Kenia se sewesspan was en Duitsland ook al afgerig het voordat hy Kings toe is, het besluit om Rusland toe te gaan nadat daar geen geleenthede in Suid Afrika vir hom was nie.