Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het tans ’n begrotingstekort van R258 miljoen vir die jaar.
Mark Alexander, president van Saru, het dié nuus einde verlede maand op ’n vergadering in Kaapstad aan sy uitvoerende komitee (UK) bekend gemaak.
Saru se oudste kompetisie, die Curriebeker-reeks, sit boonop sonder ’n hoofborg en die beheerliggaam het nog nie ’n waarnemende uitvoerende hoof aangestel ná Jurie Roux se vertrek nie.