Die geordende wyse van hoe dinge by die Cheetahs verloop, is duidelik iets waarna die nuwe loskop-voorry, Schalk Ferreira, verlang het.
Die veteraan van 37 het al ’n hele paar draaie in sy rugbyloopbaan gemaak en was die laaste paar jaar by die Southern Kings betrokke.
“Dis lekker om weer by ’n professionele opset soos dié betrokke te wees, waar alles tot die fynste detail uitgewerk word,” sê Ferreira.