Wêreldsewesreeks

Aussies se sewesbreiers moet heraansoek doen vir hul poste

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Charlotte Caslick van Australië se vrouesewesspan word beetgekry deur ’n speler van Fidji by die Olimpiese Spele in Tokio.  Foto: Getty Images
Charlotte Caslick van Australië se vrouesewesspan word beetgekry deur ’n speler van Fidji by die Olimpiese Spele in Tokio. Foto: Getty Images

Die sukkelvertonings van Australië se nasionale sewesrugbyspanne by vanjaar se Olimpiese Spele het dié land se beheerliggaam laat besluit om ’n soektog vir nuwe afrigters van stapel te stuur.

Australië se vrouespan, wat deur John Manenti afgerig is, is in die kwarteindronde van die Spele in Tokio uitgeskakel. Dit nadat die span by die vorige Spele, in 2016, die goue medalje verower het.

Die Aussies se mans, met Tim Walsh as breier, is ook in die kwarteind uitgeknikker. Om sake te vererger, het lede van die mans se span nuusopskrifte gehaal nadat hulle hul hotelkamers in Tokio beskadig en dronk geraak het op ’n vlug terug huis toe.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan