’n Drie deur Zain Davids met net meer as een minuut se speeltyd oor, het die Blitsbokke Vrydag van ’n oorwinning oor Ierland in die Hongkong-sewestoernooi verseker.
Suid-Afrika het die klipharde Groep D-wedstryd in ’n nat Hongkong met 14-7 gewen.
Die Blitsbokke was eerste op die telbord toe Mfundo Ndhlovu in die vierde minuut gedruk het. Kort daarna het Matthew McDonald vir Ierland gedruk.