Die Blitsbokke is een oorwinning daarvan weg om hul vyfde agtereenvolgende toernooi in Wêreldrugby se sewesreeks te wen.
Suid-Afrika het Sondag min moeite ondervind om Australië met 19-0 in die halfeindronde van die Málaga-sewestoernooi te klop.
Aanvanklik het die Australiërs se verdediging gehou, totdat hulle Josh Turner met ’n geel kaart verloor het. Toe het JC Pretorius sy span se eerste drie gedruk. Branco du Preez het verdoel om die telling 7-0 in die Blitsbokke se guns te maak.