Dit word betwyfel of die Blitsbokke se oorwinning oor Japan ’n pleister op die teleurstelling plak dat Suid-Afrika nie die kwarteindronde van die Toulouse-sewestoernooi kon haal nie.
Nietemin is die Blitsbokke weer op die wenpad in Toulouse nadat hulle Japan Saterdag in die kwarteindronde om die negende plek met 40-0 geklop het.
Daar was sommer vroeg perde met James Murphy wat vir die Blitsbokke gaan druk het. Kort daarna het Dalvon Blood hier gesystap, daar gesystap en toe voet in die hoek gesit om sy span se tweede drie te gaan druk.