Die Blitsbokke het hul aanslag op die titel by die Málaga-sewestoernooi op ’n hoogtepunt begin deur Skotland in hul eerste wedstryd te klop.
Suid-Afrika het Vrydag met 27-7 in dié Spaanse stad gewen.
Dit was egter die Skotte wat die wedstryd met ’n knal begin het, met Paddy Kelly wat hul eerste drie gedruk het. Hy het gaan druk oomblikke nadat JC Pretorius met ’n geel kaart van die veld gestuur is. Pretorius is vir ’n oortreding by ’n afbreekpunt gestraf.