Wêreldsewesreeks

Blitsbokke sonder Selvyn in Toulouse

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Selvyn Davids sit voet in die hoek in ’n kragmeting in die Singapoer-sewestoernooi in April.  Foto: Gallo Images
Selvyn Davids sit voet in die hoek in ’n kragmeting in die Singapoer-sewestoernooi in April. Foto: Gallo Images

’n Groot terugslag het die Blitsbokke getref met die spelskepper Selvyn Davids wat nie die naweek in die Toulouse-sewestoernooi gaan speel nie.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het Maandag in ’n verklaring aangekondig dat Davids (28) nie Sondag saam met die res van die span na Europa vertrek het nie. Sy plek word ingeneem deur Dalvon Blood (20), wat Maandag na Frankryk sal reis.

Blood het nog nooit tevore die Blitsbokke in Wêreldrugby se sewesreeks verteenwoordig nie. Hy is ’n oudleerling van die Rondebosch Boys’ High School en het verlede jaar vir die Junior Bokke gespeel.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan