Daar was oomblikke van bloedsweet, maar die Blitsbokke het hul plek in die halfeindronde van die Málaga-sewestoernooi bespreek deur Kanada in die kwarteindronde te klop.
Suid-Afrika het Saterdag met 14-0 in Spanje gewen.
In die eerste helfte het Kanada goed by die afbreekpunte meegeding. Die Kanadese het die meeste van die speelwerk in die eerste sewe minute gedoen en ook die meeste balbesit gehad.