Die Blitsbokke kan die naweek in die Sevilla-sewestoernooi nog ’n paar treë nader gee aan ’n aantal rekords in Wêreldrugby se sewesreeks wat al jare lank agter Nieu-Seeland se naam pryk.
Die aksie in Spanje het reeds Vrydag begin, maar Suid-Afrika se twee groepwedstryde, teen Amerika en Spanje, word Saterdag beslis. Die kwarteindstryde word ook Saterdag gespeel.
Samoa is saam met Suid-Afrika in ’n groep, maar die eilandmanne sal weens Covid-19-maatreëls nie die naweek in aksie wees nie.