Wêreldsewesreeks

Dag van lag en trane vir Blitsbokke in Frankryk

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
JC Pretorius sit voet in die hoek in die Blitsbokke se kragmeting teen Spanje Vrydag in Toulouse.  Foto: Wêreldrugby | Mike Lee
JC Pretorius sit voet in die hoek in die Blitsbokke se kragmeting teen Spanje Vrydag in Toulouse. Foto: Wêreldrugby | Mike Lee

Ondersteuners van die Blitsbokke kan verskoon word as hulle nie weet of hulle moet lag of huil ná die nasionale sewesrugbyspan se vertoning op die eerste dag van die Toulouse-toernooi nie.

Suid-Afrika se skoknederlaag teen Ierland (12-21) in die eerste wedstryd van die dag was om die minste te sê ’n teleurstelling. Om sake te vererger was dit die eerste keer dat die Iere daarin kon slaag om die Suid-Afrikaners in Wêreldrugby se sewesreeks te klop.

Die Blitsbokke het teen Ierland effens futloos voorgekom en ’n aantal foute – soos by die afbreekpunte begaan.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan