Wêreldsewesreeks

Die kwik styg in Dubai, maar Powell nie bekommerd

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ronald Brown (met die bal) is een van die jonger geslag Blitsbokke wat in Dubai sal wil voortbou op die goeie begin tot sy sewesloopbaan.   Foto: Gallo Images
Ronald Brown (met die bal) is een van die jonger geslag Blitsbokke wat in Dubai sal wil voortbou op die goeie begin tot sy sewesloopbaan. Foto: Gallo Images

Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke, erken dat die warm weer in Dubai ’n uitdaging vir hom en sy span is in die aanloop tot die nuwe seisoen van Wêreldrugby se sewesreeks.

Tog is Powell tevrede met die manier waarop sy spelers akklimatiseer en weet hy dat die hitte ook die ander spanne sal tap.

Die eerste toernooi van die nuwe seisoen word Vrydag en Saterdag in die Verenigde Arabiese Emirate beslis. Dis die eerste keer sedert 2019 dat die spanne na Dubai terugkeer. Met groot kanonne soos Fidji en Australië wat terug is nadat hulle die twee toernooie van die 2021-seisoen misgeloop het, sal daar nie ’n tekort aan aksie wees nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan