Tom Mitchell, een van die groot geeste van Engeland se sewesrugbyspan, het besluit om sy stewels op te hang.
Die 33-jarige Mitchell was kaptein van Brittanje se span wat die silwermedalje op die Olimpiese Spele in 2016 in Rio de Janeiro verower het.
Hy was ook op verlede jaar se Spele, in Tokio, die Britte se kaptein. Brittanje moes daar met die vierde plek tevrede wees.